SHOWING ARTICLE 33 OF 66

Bettiesbaai informasie kaart eersdaags beskikbaar by Meridian Realty kantore

Category General

Meridian Realty het ver gevorder met planne om ‘n lekker groot en praktiese kaart van Bettiesbaai en omgewing voor ons kantore in 3006 Clarencerylaan te plaas. Terwyl Bettiesbaai so ‘n lang dorp is (13 Km !) lewer dit gereeld probleme vir besoekers om ‘n bepaalde straat of straatadres te vind, om nie te praat van die soektog wat toeriste van stapel moet stuur om bekende toeriste-punte te lokaliseer nie.  Hierdie nuut-ontwikkelde kaart sal alle straatname bevat en daar sal voortaan geen rede meer bestaan om in ons mooi dorp te verdwaal nie.

Uiteraard sal toeriste fasiliteite soos Stony Point met ons pikkewyn-kolonie, die Harold Porter Nasionale Botaniese Tuin, die bekende (en minder bekende) baaitjies en visvangplekke, staproetes, die drie groot vleie ens. ook op die kaart aangedui word. Langs hierdie weg lewer MERIDIAN REALTY ‘n positiewe bydrae om van ‘n besoek aan ons dorp en gebied ‘n nog groter belewenis te maak.

Author: Chris Goosen

Submitted 27 Oct 13 / Views 2744