SHOWING ARTICLE 13 OF 22

Bettysbaai sal nooit weer dieselfde wees nie

Category General

"Bettysbaai sal nooit weer dieselfde wees nie," het iemand kort na die brand op Facebook geskryf. En hoe kan dit? Ons as inwoners is deur 'n vuurstorm betrap. Almal van ons. Sommige kon betyds voor die vlamme vlug, ander is rotse toe, party het in voertuie en agter mure geskuil terwyl nog ander in hul huise oorval is. Sommige was elders en het met ontsteltenis kennis geneem van wat gebeur. Familie en vriende was rasend van bekommernis. Ongelooflike verliese is gely.

Ons luister na mekaar se stories en verstaan die skrik in mekaar se oë. 11 Januarie 2019 is ingebrand in ons harte.

Maar van toe af reik ons met sagter harte uit na mekaar. Na die lewe. Ons veld sal weer uitspruit en jubel - meer uitbundig as vantevore. En só ook ons eiendomme en gemeenskap. Wat 'n voorreg om in hierdie paradys te woon!

Author: Meridian Realty

Submitted 05 Aug 19 / Views 1622