SHOWING ARTICLE 2 OF 207

Ons Jaarlikse Gholfdag en 18 Jaar van Meridian Realty Sukses

Category Property

Ons vier hierdie jaar met trots ons 18de bestaansjaar in die eiendomsbedryf. As 'n virtuele eiendomsagentskap wat spesialiseer in die bemarking van eiendomme, het ons oor die jare 'n merkwaardige reis beleef. Ons span, wat bestaan uit meer as 140 toegewyde en professionele eiendomsagente, strek oor die lengte en breedte van Suid-Afrika. Ons suksesverhaal is 'n getuienis van ons innoverende benadering tot eiendomsbemarking en van ons verbintenis tot uitmuntende diens en kliëntetevredenheid. Hierdie mylpaal vier ons nie net as 'n prestasie nie, maar ook as 'n belofte om voort te gaan om die eiendomsbedryf met integriteit en passie te lei.

Ons dinamiese span het weer hierdie jaar die Meridian Realty vlag hoog laat waai by ons jaarlikse Gholfdag. Dit was 'n uitstekende dag vol sportiewe pret! Bok Radio was daar om 'n eksklusiewe onderhoud met sleutelfigure van ons maatskappy te voer en 'n bietjie meer van Meridian Realty te vertel. Hier is 'n kykie na die gesprek:

Onderhoud met Antonie Goosen, Ons Prinsipaal en Stigter:

Hoe verskil Meridian Realty van tradisionele eiendomsagentskappe?

Daar is heelwat verskille. Ons het 'n baie progressiewe besigheidsmodel. Ons bedryf 'n virtuele eiendomsagentskap wat beteken dat ons nie fisiese kantore in die areas wat ons diens oopmaak nie. Alle ondersteuning en administrasie word van een sentrale punt af deurgegee, en danksy ons moderne stelsels het ons agente glad nie nodig om van die kantoor af te werk nie. Op hierdie manier diens ons tans meer as 140 agente vanuit een kantoor.

Nog 'n groot verskil is die aard van die verhouding wat ons met ons agente het. Ons uitgangspunt is dat ons ons agente behandel soos kliënte. Ons posisioneer onsself as 'n diensverskaffer vir hoë produserende, professionele agente. Mens sou selfs kon sê ons werk vir ons agente! Elke agent wat by ons inskakel bedryf effektiewelik hulle eie besigheid onder die Meridian Realty sambreel. Ons werk baie hard daaraan om al die ondersteuning en hulpmiddels te verskaf wat ons agente benodig om uitstekende diens aan ons kliënte te lewer. Dit sluit dienste in soos professionele fotografie en videografie, grafiese ontwerp, sosiale media bemarkingsdienste, administratiewe ondersteuning, ensovoorts. Ons verskaf agente ook met wêreldklas tegnologie en 'n CRM-stelsel wat hulle besigheid kan vergemaklik. Met ons model het ons agente ook baie meer vryheid om hulle besigheid op hulle manier en in hulle eie styl te bestuur. Ons mikrobestuur nie ons agente nie, daar is nie areabeperkings nie en hulle onderhandel hulle eie kommissie.

Wat ons ook anders maak as die tradisionele agentskappe is die algemene kwaliteit van ons agente. Omdat ons op so 'n unieke basis werk, het ons baie streng keuringskriteria - met die gevolg dat ons net die beste agente toelaat in die groep. Die groot meerderheid van ons agente het vyf of meer jaar ervaring, en wanneer ons kandidaat-agente inbring is dit met baie streng keuring en toegewyde mentors wat hulle ondersteun. Dit lei daartoe dat die kwaliteit van die diens wat ons aan die publiek lewer op 'n baie hoë standaard is.

Vertel ons meer van die International Property Awards wat Meridian Realty ontvang het?

Hierdie toekenning was vir ons 'n groot eer. Die International Property Awards is die maatstaaf vir kwaliteit in ons bedryf op 'n wêreldwye skaal. Hulle beskik oor 'n paneel van meer as 100 beoordelaars wat alle aansoeke evalueer. Ons is aanvanklik as die beste agentskap in Suid-Afrika aangewys, en daarna is ons bekroon as die beste agentskap in die hele Afrika. Ek dink deel van ons sukses in die kompetisie is weens die ongelooflike dienste wat Meridian Realty lewer, wat wissel van fotografie, videos en sosiale media bemarking, tot administratiewe ondersteuning. Ons kry ook erkenning vir die unieke aard van ons besigheid wat dit vir ons moontlik maak om meer as 140 agente in vyf provinsies in Suid-Afrika vanuit een sentrale kantoor te diens.

Meridian Realty vier die jaar 18 jaar in die eiendomsbedryf. Enige advies vir kopers en verkopers in vandag se mark?

My advies aan kopers en verkopers in vandag se mark is om hulle huiswerk goed te doen.  Inligting is al hoe meer vrylik beskikbaar in die mark, maar mens kort regtig nog 'n kundige persoon om daardie inligting te verwerk. Lees baie op oor die mark en kry 'n ervare eiendomsagent wat die pad saam met jou kan stap.

My advies aan verkopers is om seker te maak dat hulle die mark verstaan op die stadium wat hulle die mark wil betree. Doen deeglik huiswerk oor markwaardes in die area, en kry 'n gesoute agent om jou te adviseer. Ek kan uit jare se ervaring getuig dat eiendomme wat te veel oorprys is, nie net langer neem om te verkoop nie, maar ook op die ou einde vir minder verkoop, as eiendomme wat van die begin af reg geprys is. Dis nog belangriker om jou eiendom reg te prys in die huidige marktoestande waar rentekoerse hoog is en kopers al hoe meer selektief is. Die agent en agentskap wat jy kies is ook baie belangrik. Dit is 'n uiters kompeterende mark, en jy wil seker wees dat jou eiendom die absolute maksimum blootstelling kry. Dienste soos professionele fotografie, video bemarking en sosiale media blootstelling moet vandag 'n minimum vereiste wees. Die agent wat jy kies moet ook as minimum 'n getrouheidsfondssertifikaat (FFC) hê. Ervaring en 'n rekord van suksesvolle verkope in die area is beslis iets waarna ek sou kyk as verkoper alvorens ek 'n agent aanstel.

Wat voorsien jy gaan in die eiendomsmark in die volgende 12 maande gebeur?  

Dit is 'n moeilike vraag want daar is tans baie veranderlikes. My huidige uitkyk is dat ons waarskynlik naby aan die hoogtepunt van die rentekoersverhogingsiklus is, maar daar is ook 'n risiko dat geo-politieke invloede en plaaslike faktore weer inflasie kan aanvuur bo die teikenmark, wat moontlik die rentekoerse verder kan beïnvloed. Ons gaan dan ook volgende jaar 'n verkiesingsjaar binne, wat natuurlik sy eie stel geleenthede en uitdagings bring. Die mark is oor die algemeen nou weer op pre-Covid vlakke, en verhandeling oor die algemeen is selfs bietjie laer as pre-Covid vlakke. Die Wes-Kaap is wel 'n uitsondering wat dit aanbetref, en die semigrasie beweging het daartoe gelei dat die Wes-Kaap se persentasie aandeel van verkope groter geword het oor die afgelope jaar, waar Gauteng se aandeel van die mark, persentasie gewys, redelik afgeneem het, alhoewel dit steeds die grootste in die land is. My voorspelling is dat pryse marginaal sal aanhou styg oor die volgende paar maande in die Wes-Kaap, en dat daar selfs 'n vinniger groei kan wees indien rentekoerse van die tweede kwartaal in 2024 begin afkom.

Onderhoud met Droeks Malan, Meridian Realty iAgent en 'n lid van die 100% Klub

Hoeveel jaar is jy al in die industrie en wanneer het jou en Meridian Realty se paaitjies gekruis?

Ek het in Stellenbosch grootgeword en was oorspronklik 'n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch voor ek by die eiendomsindustrie betrokke geraak het in 2003. Dis nou 20 jaar later en ek verkoop steeds residensiële eiendom in Stellenbosch. Ek en ons prinsipaal, Antonie Goosen het min of meer dieselfde tyd begin en alhoewel ons aanvanklik mededingers was, was daar altyd wedersydse respek. Ek het altyd gevoel hy is iemand met wie mens kan saamwerk. Ek was vir baie lank by een van die groot korporatiewe handelsmerke, maar het tydens 2020 besluit dat die tyd ryp was vir 'n skuif en het toe in Julie van daardie jaar by Meridian Realty aangesluit.

Meridian Realty was my keuse omdat hulle aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling bly, iets wat baie belangrik geraak het veral in die post-Covid era en hulle is 'n dinamiese, jong maatskappy wat vinnig met verandering werk.

Dan het hulle ook 'n betalingsplan wat volgens my die beste in die industrie is. Jy werk vir jouself onder die Meridian sambreel en jy is vry van al die korporatiewe kantoorreëls, soos areabeperkings en kantoordienste, wat jou die geleentheid bied om jou besigheid te bestuur sodat dit vir jou optimaal werk.

Daar is verskeie nuuspublikasies wat jou artikel gepubliseer het oor die voordele en nadele van privaatverkoop. Vertel ons meer hiervan?

Privaatverkoop kan soms goed werk in 'n sterk verkopersmark en veral wanneer daar reeds 'n vermoënde koper is wat die verkoper reeds ken, maar daar is slaggate waarin die privaatverkoper en koper kan trap.

Eerstens vereis die verkoopproses kennis en ervaring in die spesifieke mark om 'n markverwante prys vir die eiendom vas te stel. 'n Eienaar kan die pryse van die eiendomme in die mark en selfs die verkooppryse bekom maar het meestal nie die in-diepte kennis om dit reg te interpreteer nie.

Eienaars beskik ook gewoonlik nie oor die bemarkingsmiddele wat deel is van Meridian Realty se dienste nie. Dit sluit belangrike aspekte soos professionele fotografie, videografie en webwerfoptimalisering in wat nodig is om 'n eiendom te laat uitstaan bo die kompetisie.

Derdens is daar die oordragproses waar daar verskeie slaggate is. 'n Goeie agent kan 'n verkoper help om die regte oordragprokureur aan te stel, die opskortende klousules soos verbandgoedkeuring te monitor en te sorg dat die proses glad verloop.

Jy is deel van die 100% Klub by Meridian Realty. Vertel ons meer hiervan.

By Meridian Realty kry die agent 70% van die kommissie en die maatskappy 30%. Sodra daardie 30% R225 000 binne 'n 12 maande siklus beloop dan word die maatskappy se kommissie opgeskort, m.a.w. dan verdien die agent van daardie punt af 100% van die kommissie vir die res van die siklus.

Behalwe die aantreklike kommissieverdeling, is daar ander voordele wat die model bevat?

Die agent betaal 'n maandelikse fooi van slegs R1 250 wat, onder meer, toegang tot Lightstone, professionele fotografie, videografie en advertensies op al die groot webwerwe insluit. Jy word ook gerugsteun deur 'n uitstekende admin span wat grafiese ontwerpers en sosiale media spesialiste insluit, wat jou toelaat om op jou besigheid te fokus. Dit is volgens my die beste risiko/beloning ratio in die industrie, eksklusief tot Meridian Realty.

Het jy enige advies vir agente wat 'n skuif wil maak, maar onseker is daaroor?

Besoek die Meridian iAgent webwerf. Die betalingsplan, sowel as die maandelikse fooi word duidelik daar uiteengesit. Neem jou bruto kommissie wat jy in 'n gemiddelde jaar verdien en werk uit wat jy by Meridian Realty sal verdien. Trek dan die maandelikse fooie af en sien die verskil aan jou sak. Maak 'n afspraak met ons verteenwoordigers indien jy enige vrae het. Onthou ook, as dit nie vir jou werk nie, is daar geen handelsbeperkinge nie, so anders as by ander maatskappye, beweeg jy net aan, geen uitsitperiode en dus geen risiko aan jou loopbaan nie.

By hierdie jaar se Gholfdag kon ons span nie net groot mylpale vier, ontspan en hulself geniet op die sportveld nie, maar hulle het ook lekker gesels in hul onderhoude oor wat Meridian Realty uniek maak. Ons 18de bestaansjaarvieringe was vir ons 'n geleentheid om saam te kom en die toekoms wat voor ons lê binne te gaan met nuwe energie en visie.

As jy meer wil weet oor Meridian Realty of deel wil raak van ons span, besoek gerus ons iAgent webtuiste by https://meridianiagent.co.za/

Luister hier na die Bok Radio onderhoude:

Antonie Goosen: https://www.youtube.com/watch?v=N9ZOQ4hwpXQ&t=3s

Droeks Malan: https://www.youtube.com/watch?v=OEv9ALsFrIQ&t=13s 

 

Facebook | Instagram | Twitter | YouTube | LinkedIn

Hierdie artikel is 'n algemene inligtingsblad en moet nie as regs- of ander professionele advies gebruik of staatgemaak word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak altyd jou adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. Foute en weglatings uitgesluit (E&OE)

Author: Meridian Realty

Submitted 29 Nov 23 / Views 588