SHOWING ARTICLE 51 OF 207

Die Meridian Realty vlag waai hoog by die Eikestad Gholfdag

Category Property

Op Donderdag 28 Oktober het Meridian Realty weer deelgeneem aan die Eikestad Gholfdag. Hierdie jaar het ons wel nie net 'n Meridian Realty Gholfspan gehad nie, maar ook 'n pret-putjie van ons eie. Die dag was vol opwinding met al ons ondersteuningspersoneel en van ons Stellenbosch agente wat almal gedeel het in die onvergeetlike ervaring. Ons familie-benadering het sterk deurgetrek tussendeur al die pret en het net weereens bewys dat ons waardes deel is van ons Meridian DNA.

Om nog meer opwinding te verseker het Stellenbrau en BokRadio vir ons kom kuier by die Meridian putjie. Vir ingeval jy dit gemis het, hier volg Antonie Goosen en Annette van der Merwe se onderhoude:

Antonie Goosen l Stigter en Prinsipaal van Meridian Realty

  1. Julle beskryf julself as 'n virtuele eiendomsagentskap - wat beteken dit?

Dit sinspeel op ons besigheidsmodel en hoe dit verskil van die meer tradisionele eiendomsagentskappe. In die tradisionele model maak die agentskap, of franchise, tipies 'n kantoor oop per area, en die agente werk dan vanuit daardie kantoor onder 'n prinsipaal of bestuurder. Die vaste koste om besigheid te doen op so 'n model is natuurlik relatief hoog, want elke area wat die agentskap bedien benodig 'n gebou wat gepaart gaan met addisionele kostes en infrastrukturele uitgawes. Die hoeveelheid agente wat so 'n kantoor effektief kan bedien is ook gewoonlik relatief min omdat dit beperk word deur die fisiese spasie van die kantoor, sowel as die grootte van die area wat vanuit die kantoor bedien word.

By Meridian Realty het ons heeltemal wegbeweeg van die standaard bricks & mortar-model na 'n model waar ons tegnologie en ondersteunende personeel aanwend om ons agente korps "virtueel" te ondersteun. Ons agente werk glad nie van kantore af nie, maar kry steeds al die ondersteuning en dienste wat hulle nodig het om hulle kliënte effektief te kan diens. Ons het net een kantoor, wat dien as ons administratiewe hub, waaruit ons op dié stadium meer as 130 agente oor 4 provinsies in Suid-Afrika ondersteun.

Ons gee ons agente toegang tot 'n sagteware platvorm wat hulle help om hulle kopers en verkopers te bedien met die beste moontlike diens en kundigheid. Ons agente geniet ook die voordeel van 'n hele gespesialiseerde bemarkingspan wat hul ondersteun en seker maak dat hulle kliënte se eiendomme die beste moontlike blootstelling kry. Die span sluit in professionele fotograwe en videograwe, grafiese ontwerpers, sosiale media kenners en administratiewe personeel. Sodoende verseker ons dat ons verkopers, kopers, verhuurders en huurders die beste moontlike diens van Meridian Realty ontvang.

  1. Hoekom is dit belangrik om 'n kundige eiendomsagent te gebruik wanneer jy wil eiendom koop of verkoop?

Ek weet dit klink soos 'n cliché, maar dit is omdat die koop of verkoop van eiendom een van die grootste finansiële besluite is wat 'n verbruiker in hul leeftyd gaan maak. Ons is bevoorreg dat ons in 'n wêreld lewe waar informasie vrylik beskikbaar is, en dit geld natuurlik ook vir eiendomstransaksies. Die verbruiker daarbuite kan vandag baie navorsing oor die internet doen voor hul nog eers oorweeg om na 'n eiendom te gaan kyk. Vandag kan verbruikers self op hul skootrekenaars of fone verskillende eiendomme met mekaar vergelyk op grond van prys en kenmerke. Hulle kan inligting trek oor prystendense in areas. Hulle kan 'n hele trommel vol inligting vind sonder om 'n voet uit die huis te sit of die foon op te tel.

Wat ongetwyfeld die noodsaaklikheid van die eiendomsagent bewys is die feit dat eiendomstransaksies ingewikkeld bly maak nie saak hoeveel navorsing jy gedoen het nie. Elke area verskil. En soms kan iets so eenvoudig soos die skeiding tussen twee paaie 'n wesenlike invloed op die waarde van 'n eiendom hê. En waar verbruikers verstaanbaar meer met emosie dink, kan eiendomsagente 'n koel kop hou wanneer dit die nodigste is.

Wanneer jy met 'n ervare en kundige eiendomsagent die pad stap haal jy baie risiko uit die proses uit. 'n Gesoute agent kan ongelooflik baie waarde tot die proses voeg. Hulle gee leiding in terme van spesifieke verskille tussen areas; hulle ken dikwels al die besonderhede van vergelykbare eiendomme wat in die mark is (of wat verkoop het); hulle bring waardevolle leiding tot die ervaring. As jy as koper van buite die area inkom, sal 'n goeie agent vir jou baie waardevolle insette kan gee oor die omgewing, wat om te verwag, die opvangsgebiede van verskillende skole, die verkeer, die vloei van mense in 'n area, sekuriteit, ensovoorts.

Ons assisteer natuurlik ook ons kopers met addisionele dienste, soos om vas te stel watter tipe finansiering hulle voor behoort te kan kwalifiseer. Die agent maak ook seker dat die koopkontrak 100% reg opgestel word en dat daar aan alle regulatoriese vereistes voldoen word.

Agente is ook dikwels die eerste mense om te weet van nuwe eiendomme wat in die mark kom. Oor die algemeen, selfs vir my as 'n gekwalifiseerde en ervare agent, is daar geen ander opsie as om 'n agent te gebruik as ek eiendom koop of verkoop nie. Die gemoedsrus en kennis wat 'n ervare agent tafel toe bring is vir my onmisbaar in 'n transaksie.

  1. Hoe lyk die eiendomsmark tans en wat voorsien jy gaan gebeur in die volgende 12 maande?

Dit is baie moeilik om te pyl op hierdie stadium van die wedstryd. Die residensiële mark het goeie ondersteuning ervaar vandat ons in Mei verlede jaar uit Vlak 5 inperkings beweeg het, en die mark segment het 'n goeie lopie gesien. Dit was ondersteun deur, onder meer, die 50-jaar laagtepunt in rentekoerse wat veroorsaak het dat baie mense wat vroeër nie die mark kon betree nie, nou kon. Selfs aan die hoër kant van die mark het mense verkoop en opgradeer.

Ons sien ook 'n duidelike skuif in behoeftes as gevolg van die werk-van-die-huis-af tendens wat met COVID-19 redelik wyd uitgebrei het. Baie mense het nou 'n behoefte aan groter huise met spasie vir kantore. Ons het ook uitstekende transaksie volumes beleef in areas soos McGregor, Greyton, en Overberg dorpies soos Betties Baai. Die sogenaamde "zoom town" konsep was beslis 'n dryfveer vir die mark soos mense leefstyl keuses gemaak het wat dalk sonder COVID baie langer sou geneem het om te maak. Daar was ook groei gesien in mense wat aftrek na die Wes-Kaap uit provinsies soos Gauteng en Kwa-Zulu Natal.

Daar is natuurlik ook onsekerhede, en dit is moeilik om te pyl waarnatoe die mark tans oppad is. Die negatiewe invloed van COVID-19 was dat baie huishoudings ekonomies seergekry het, wat dan ook 'n invloed op die mark het. Ek voorsien ook dat rentekoerse oor die volgende jaar of wat weer sal begin styg, en dit kan natuurlik 'n negatiewe impak op die mark hê indien daardie stygings vinniger of meer aggressief kom as wat die mark tans verwag. Op die huidige oomblik vind ons wel dat voorraad skaars is wat hoër pryse in sekere gebiede ondersteun.

  1. Meridian Realty vier sy 16de bestaansjaar in Oktober. Wat is die dryfkrag agter julle 16 jaar van sukses?

Meridian is destyds begin deur ek en my broer, en my Pa het na sy aftrede by ons aangesluit. Dit was dus in die ware sin van die woord 'n familie besigheid. Deur al die jare, en deur al die veranderinge en groei wat die maatskappy beleef het, het daardie familie beginsels van omgee vir mekaar, van vertroue in mekaar, en van verantwoordbaarheid teenoor mekaar altyd in die DNA van Meridian gebly. Ons sit met 'n ongelooflike span mense wat deel maak van hierdie maatskappy, en dit is sonder enige twyfel ons mense, met ons Meridian familie waardes, wat die dryfveer agter ons sukses is. Ons is 'n span mense wat omgee vir mekaar en vir ons kliënte, dit is so eenvoudig soos dit.

Annette van der Merwe l iAgent en lid van die 100% Club

  1. Jy is 'n iAgent en 'n lid van Meridian Realty se 100% Club. Wat beteken dit?

As 'n Meridian Realty iAgent het ek ongelooflik baie vryheid as agent. Dit is soos om jou eie besigheid te dryf onder die Meridian Realty handelsmerk. Ek bepaal my eie werksure, ek is nie kantoorgebonde nie, en ek ontvang ongelooflike ondersteuningsdienste wat my baie meer tyd gee om te fokus op kliëntediens.

Die 100% Club is 'n eksklusiewe klub waar 'n agent die geleentheid kry om tot en met 100% kommissie te verdien sodra jy jou cap bereik het vir die jaar. As 'n lid van die 100% Club het ek reeds in middel-2021 100% kommissie begin verdien. Dit is ongelooflik opwindend om te weet dat jy die vrugte van jou eie harde werk kan pluk.

  1. Van al die ondersteunings dienste wat Meridian Realty bied vir agente, wat is vir jou die mees waardevol?

Ons prinsipaal, Antonie, het altyd antwoorde vir enige vrae, veral oor kontrakte, en ons transaksie koördineerder, Carmen, verseker dat al ons kontrakte 100% reg is. Sy sal opvolg en opvolg tot elke laaste FICA dokument in is. Ons virtueleassistente is ook blitsvinnig met veranderinge op ons eiendom advertensies. As agente word ons behandel as kliënte, eerder as werknemers.

  1. As enige eiendomsagent nou luister wat nie by Meridian Realty is nie, wat sal jy vir hulle sê?

Julle mis uit! Die ondersteuning is super professioneel. Jy besluit ook self die kommissie op elke transaksie en die grootste deel daarvan is joune. En sodra jy jou kommissie cap bereik het vat jy 100% daarvan huistoe.

  1. As jy vir Meridian Realty in een woord kan beskryf wat sal dit wees?

Beslis kliënt-georiënteerd.

  1. Hoe kan kopers en verkopers jou in die hande kry?

Kontak my gerus op my selfoon nommer, 082 565 0615, of vind my op Meridian Realty se webtuiste.

Skakel in by ons om die nuutste eiendomsnuus te ontvang en reik uit na ons iAgent-span om jou te help om die beste leefstyl- en beleggingsbesluite te maak.

Facebook | Instagram | Twitter | YouTube | LinkedIn

www.meridianrealty.co.za

Dink jy daaraan om deel te word van die Meridian familie? Vind uit hoe jy ook 'n iAgent kan word.

www.meridianiagent.co.za

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Author: Meridian Realty

Submitted 29 Nov 21 / Views 836